BIOGRAFIE

Sidney Gilroy is op Sondag, 1 Junie 1980 op Virginia gebore. Later verhuis hy saam met sy ouers na Harrismith in die Oos-Vrystaat. Hy matrikuleer in 1998 aan NHS in Kwazulu-Natal en hy studeer aan die Universiteit van Pretoria voordat hy ‘n loopbaan in die ingenieursbedryf volg.

Sidney is 'n digitale spesialis wat sy eie onderneming van uit Reebok in die Suidkaap bestuur, waar hy ook die afgelope paar jaar woon. Hy is 'n versamelaar van ouer Afrikaanse boeke en 'n kampvegter vir die voortbestaansreg van Afrikaans, Afrikaanse skrywers en Afrikaanse uitgewers.

Sidney skryf vir ontspanning en as stokperdjie.  

Volg die skakel om hom op sosiale media en elders te volg:
https://www.facebook.com/sidney.gilroy